Hoe kry ek my twee jarige om in sy eie kamer te slaap? – by: Moomie Moderator

V: Ek sukkel met my 2 jarige om te slaap in sy eie kamer. Ek kry dit darem nou reg dat hy nie meer deur die nag wil drink nie, maar hy word nog gereeld wakker en soek my. Hy het n cuddle toy waarvoor hy baie lief is, en ek bly hom terugsit in sy bed maar hy slaap nerens anders beter as in ons bed sonder probleme nie.

Baby Love: Jy gaan ‘n streng grena moet stel. Hou hom aan terugvaf na sy eie bed tot hy bly lê! Verduidelik vir hom hoekom dit so nb is om te slaap – die belangrikheid van ‘n goeie nagrus! Ek dink jy moet dalk oorweeg om hom winkel toe te vat & ‘n spesiale soeelding te laat kies waarmee hy in die aande kan slaap. Gee ook dalk een van jou kledingstukke (dalk serpie) met van jou parfuum op. Verduidelik dat hierdie altyd daar is om hom deur die nag te "comfort" sodat hy lekker in sy eie bedjie kan slaap!! Maak ‘n groot wooohaaaa met "praise" as hy bly lê & in sy eie kamer slaap!!! Onthou om sy kamer nie te donker te maak nie & die deur oop te los. Julle moet sy kamer ‘n HAPPY PLACE maak xxx

Advertisements

Hoe benader ek slaap patroon reg van dag een af? – by: Moomie Moderator

V: Enige raad vir voor baba gebore is om solank te begin beplan om n slaap patroon van die eerste dag af reg te benader?

Baby Love: Jy kan beslis van dag 1 af fokus op ‘n ouderdomsgepaste roetine. Onthou wel dat jy jou baba "guide" na ‘n roetine. Moenie te veel fokus op spesifieke tye met ‘n newborn nie, want die nagvoedings se tye gaan bepaal hoe laat haar dag begin. Wakker tye vir newborn, is 45min tot 1uur en jy wil gedurende die dag elke 2&half ure tot 3 ure voed. Baie sterkte!!

My seuntjie kry in die aande sy tweede asem. – by: Moomie Moderator

V: My dogtertjie van 7 word steeds saans wakker om by ons te kom lê? Wat kan ek haar gee om rustiger te slaap? En my seuntjie van 3 kry in die aande 2de asem en dan begin sy speeltyd. Selfs al lê mens by hom… hy is eenvoudig net nie moeg nie. Hy is in kleuterskool en hulle slaap 13:00 – 14:30! As hy eers slaap slaap hy deur en ek sukkel so om hom die oggende uit die bed te kry.. hy sal maklik slaap tot na 08:00!

Baby Love: Jy gaan baie streng met jou grense moet wees. Wanneer hulle uitloop, moet hulle weet dat jy hulle gaan terugvat & aanhou terugvat tot hulle bly lê. Maak ook seker dat jy streng by ouderdomsgepaste wakker & slaaptye hou. Die "wakker" in die aand kan moontlik wees dat hy eintlik oorgestimuleer is. Jy kan ook probeer om vir jou oudste ‘n "iets" te laat kies by die winkel (soos teddy) wat jy dalk met jou parfuum spuit & vir haar noem dat dit haar "cuddly" trooster is deur die nag.

My seuntjie word elke uur wakker. – by: Moomie Moderator

V: My seuntjie 22 maande het van so 16 maande begin deurslaap in sy eie kamer op n bed. Skielik wil hy net in die kot slaap en word weer elke uur op die uur wakker… Die mamma is moeg ?.

Baby Love: Jy het 2 moontlikhede. 1) As jy hom in die bed sit, sit groot kussings rondom hom om die spasie kleiner te maak & hom "veiliger" te laat voel en vat dan die kot weg. Moenie dat dit ‘n opsie wees nie!! 2) Sit hom in die kot, maar dan gaan jy heel moontlik "sleep training" moet doen om te verseker dat hy jie so gereeld wakker word nie. Maak net seker dat hy ‘n soother het (dummy / beertjie / kombersie, ens).
Die soother gaan help om hom veilig te laat voel!!!

Hoe kry ek dat my seuntjie heel aand in sy eie bed slaap? – by: Moomie Moderator

V: My seuntjie, amper 3 jaar oud, raak aan die slaap in sy eie bed in sy eie kamer, en slaap eintlik baie goed, maar deur die nag raak hy een keer wakker en wil dan by ons kom slaap. Hoe kry ek hom dat hy deur slaap in sy eie kamer? Hy doen dit byna elke aand.

Baby Love: Jy gaan moet aanhou om hom terug te vat na sy eie kamer tot hy besef dat hy moet bly lê. Praat hom deur dit & verduidelik hoekom jy dit doen. Dis belangrik dat hy genoeg rus in kry!!

My seuntjie maak sy bed nat omdat hy te veel water drink. – by: Moomie Moderator

V: "My seuntjie van drie word steeds in die nag wakker. Hy het nou begin "potty train", maar vra vir water in die nag. Dit beteken hy word baie meer wakker en piepie ook nog gereeld die bed nat. So ons is back to square one! Hoe hanteer ek die piepie of kry ek hom van die bottel water af? Hy skree as ek sê nee."

Baby Love: Hi daar! Indien jy vasbeslote is om hom te potty train, gaan jy ongelukkig geen water deur die nag kan gee nie. Jy gaan streng moet wees met die grens!! Indien hy self kan opstaan & badkamer toe kan loop om te piepie, kan hy deur die nag water drink!